Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag van 4 Maart

Die Oudtshoorn Besigheidskamer se golfdag op Woensdag, 4 Maart, het 57 spelers gelok en het afgespeel in temperature wat by tye 40 grade C oorskrei het. Die vierbal is gewen deur Warren Human (naaslinks) en Allistair Kiewiets (naasregs), met ’n telling van 47. By hulle is Stephan Cornelissen (links), ondervoorsitter van die besig­heids­kamer en Paul Stroebel (regs), klubkaptein. Die dag is deur Oudtshoorn Ford geborg. Foto: Stefan Skapie Goosen