o.15-krieketspan van Struisies goed op dreef

Die Struisies se o.15-krieketspan wat tans baie goed op dreef is.

DIE Hoërskool Oudtshoorn se o.15-krieketspan is aan die brand en het hul afgelope twee T20-krieket-wed-stryde, teen die Hoërskool Outeniqua en die Hoërskool Punt, gewen.

Op Woensdag, 26 Februarie, het hulle teen Outeniqua gespeel. Outeniqua, wat eerste gekolf het, is vir 65 lopies uitgeboul.

Gabrielle Ladouce het uitstekend vir die Struisies geboul en in sy vyf boulbeurte vier paaltjies vir slegs 15 lopies laat kantel.

In hul kolfbeurt het die Struisies die teiken van 66 lopies in die 17de boulbeurt bereik met nog sewe paaltjies staande.

Herman Augustyn was met 21 lo­pies die Struisies se beste kolwer.

• Die Struisies het op Woensdag, 4 Maart, ’n baie spannende wedstryd teen Punt gespeel.

Punt, wat eerste gekolf het, het ná 20 boulbeurte 114 lopies op die telbord gehad. Sachin Wagenaar was die Struisies se beste bouler met twee paaltjies vir 27 lopies in sy vyf boulbeurte.

In hul naelkoukolfbeurt het die Struisies die wenlopie met die laaste bal van die wedstryd aangeteken om die wedstryd met 9 paaltjies te wen.

Sachin was met die kolf ook die Struisies se groot uitblinker.

Hy het 38 lopies aangeteken sonder om sy paaltjie te verloor.

• Die Struisies se o.15-krieketspan se spelers is Herman Augustyn, Craig Blaauw, Bertus le Roux, Wackimo Vaaltyn, Sachin Wagenaar, Delaud Baartman, Enzo Hendricks, Matthew Jonathan, Jeandré Jaftha, Anri Raal, Gabrielle Ladouce en Dillan Williams.

Die afrigter en hulpafrigter is Ohann van Dyk en Dillan Moos.

Be the first to comment on "o.15-krieketspan van Struisies goed op dreef"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*