Die‘Kanniedode’ van Oudtshoorn, ’n groep senior gholfspelers wat elke Maandag op die Oudts-hoorn Gholfbaan te sien is, het Maandag hul jaarlikse 4-stokkompetisie gehad, ter afsluiting van nog ’n jaar van lekker gholf speel.
Om deel van die ‘Kanniedode” gholf groep te kwalifiseer moet spelers ouer as 60 wees, en kan belangstellendes Maandae saam speel en lekker gesellig verkeer na afloop van die spel.
5 lede van die Kanniedode wat gereeld nog Maandae speel is reeds ouer as 80 jaar! Twee lede Johan Coetzee en Chris Serfontein is nie- spelende lede maar is nog ook nog aktief betrokke.
Hulle glo dat as jy wil jonk bly, speel gholf!
Oud maar nog nie koud
Voor staan Kobus Mouton wat 43 uit 47 keer op Maandae vanaf Calitzdorp kom speel het, Gary Hutchings wenner van die 4-stokkompetisie, Leon Gouws wat die meeste kere op Maandae gewen het en Jaco Marais wat die meeste spogtwees (2 clubs) aangeteken het. Foto verskaf.