Olivier-broers presteer by internasionale skopbokskompetisie
Die twee Olivierbroers, Audan en Anando van Oudts-hoorn se Grebe’s Skopboksklub, het volgens hul afrigter Ranger Grebe ’n goeie toer na die Wako Junior Wêreld Skopbokskampioenskap gehad, wat onlangs in Italië aangebied is. Die broers het wêreldklas ervaring opgedoen. Dit was ook beide broers se eerste internasionale deelname! 63 lande met 2 870 topklas-atlete het deelgeneem. Altwee broers het tot by die kwart-eindrondtes gevor-der. Anando het in twee afdelings deelgeneem waar hy tans 4de en 14de plek op die Wêreldranglys beklee, en Audan 7de.