Die Oudtshoorn Christelike Jeug Forum (OCJF) is tydens Vrydag (19 November) se jaarlikse sporttoekenningsgeleentheid van Eden op Mosselbaai vir die vierde keer aangewys as die beste Rekreasie Organisasie van die Jaar. Die organisasie is deur Cape Karoo International genomineer vir al die programme wat die forum die afgelope jaar onder moeilike omstandighede as gevolg van Covid aangebied het. Hier spog die projek-bestuurder, Phillip Seroux, met die forum se toekennings. (Foto verskaf)