Swemmers van Delia van Biljon se Fish Eagles Swemklub op Oudtshoorn wat medaljes ontvang het, of hul tye in hul items verbeter het tydens die afgelope naweek se Eden Swemkampioenskappe by die NA Smit swembad is agter van links Jada Coetzee (4 goud, 5 silwer, 2 brons), Ninke Griffioen (1 silwer, 2 brons), Mia Hugget (1 goud, 4 silwer) en Beate Fullard. Voor van links is Nina Cloete, Kenzy Barnard, Daniel Anke en De Wet Botes. Volgens Van Biljon het haar swemmers onder die huidige omstandighede, koue water en die feit dat hulle nie by die NA Smit swembad kon oefen nie, fantasties geswem. Verteenwoordigers van regoor die Eden Streek het die kampioenskappe bygewoon; van Plettenbergbaai, Mosselbaai, Knysna, George, Beaufort-Wes en Oudtshoorn. Foto: Stefan Skapie Goosen