Oakdale oorheers by SWD toutrek

BO: ’n Oudtshoorn Vaardigheidskool toutrekspan weet nie of hulle moet lê of juig na ’n harde trek teen hul opponente nie. Foto: Stefan Goosen

SWAAR toue, stof, kaalvoete en stewels was aan die orde van die dag tydens die Timbercity SWD Toutrekbyeenkoms, Saterdag (26 Februarie), aangebied deur die Oudtshoorn Vaardigheidskool.

Honderde toutrekkers van skole regoor die streek het mekaar in die hitte aangepak in ’n geheen-en-weer kragtemeting op die Valkies se sportveld. Volgens Gavin Block, skoolhoof, het die skool – soos in die verlede – weer ’n dag van hoogstaande gehalte aangebied. André van Greunen, eienaar van Timbercity op Oudtshoorn, het met die opening van die dag gesê hoe dankbaar hy is dat die byeenkoms weer aangebied kan word.

Die Hoër Landbouskool Oakdale het hul teenstanders stof in die oë geskop, en al ses die gestewelde seunsafdelings gewen, terwyl Bontebok Primêr die beste van die “kaalvoete” was. (Deur Stefan Skapie Goosen)