Grebe Kickboxing-klub neem deel aan eerste provinsiale kampioenskappe van die jaar

Grebe’s Kickboxing-klub op Oudtshoorn het Saterdag (26 Februarie) aan hul eerste provinsiale kampionskappe van die jaar, die Eden South Cape Challenge 1, in George deelgeneem en die studente het uitste-kend gevaar. Klubs van regoor die Eden- en OP-streke het deelgeneem. Uit hierdie groep skopboksers sal ’n span gekies word wat aan beide die Wes-Kaap en SA kampioenskappe, later vanjaar, gaan deelneem. Die Grebe’s skopboksers met hul medaljes is voor van links Aidan Bruiners (2 goud), Reon Lombard (brons) en Stian Jonk (silwer en brons). Middel van links is Logan Ellis (2 goud), Dirk Harold Mostert (2 silwer), Hailie van Rensburg (goud en silwer), Divan van Deventer (goud en silwer), Jenovin Fortuin (goud en silwer) en Ben Greeff (goud en brons). Agter van links is afrigter Ranger Grebe, Megan Grebe (silwer), Anando Olivier (2 goud), Mario Cassara (silwer), Divan Rademeyer (goud en silwer), Wian Grebe (goud en silwer), en Simon Greeff (2 silwer). (Foto verskaf)