Nog opwinding ná sake-rolballiga

DIE Oudtshoorn Rolbalklub se besig­heidsliga het gisteraand tot ’n einde gekom, maar die klub het nog opwindende wedstryde wat wag op die deelnemende spanne en diegene wat hul lus vir rolbal nou eers gevind het.

Teen druktyd gister (Woensdag 31 Maart) was die finale uitslae en die naam van die kampioene van die liga nog nie beskikbaar nie, maar wanneer ’n mens die vyfde ronde, gespeel op Woensdag 24 Maart se uitslae in ag neem, is die span van Wesbank Laerskool 1 met 20 ligapunte die gunsteling om as kampioen gekroon te word.

Hul naaste teenstanders, waarvan daar vier spanne is wat almal gelykop is met 16 ligapunte, is Kanni Worry, HSCS, Helende Woord en Jodi Muller Financial Solutions.

Hierdie spanne sal die kans hê om in die eindronde gelyk met Wesbank op die punteleer te trek, maar slegs as Wesbank sou verloor.

Dié res van die toptien-spanne het só gelyk na die vyfde ronde: Volmoed Beginners, Blacklist Sec, TFASA, Du Plessis Motors en Cookie Club.

Hou Die Hoorn dop om uit te vind wie as kampioene gekroon is!

• Volgens Alewyn Hanekom, woord­voerder van die klub, wag daar nog groot sports nadat die liga eindig.

“Ons beplan om die week ná die toernooi die eerste ses spanne teen gemengde klubspanne te laat speel. Dit behoort baie lekker te wees.

“Ons gaan ook vir spanne die geleent-heid gee om daardie aand ’n span van hul keuse uit te daag om teen te speel,” het hy gesê. Presiese datums vir hierdie wed-stryde moet nog bepaal word.

Be the first to comment on "Nog opwinding ná sake-rolballiga"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*