Jonges soos visse in die water

Freda Barnard Swemskool se swemmers is agter van links Christiaan van Biljon, Elizma Huyser (1 brons medalje), Ninke Griffioen (3 goud, 1 silwer), en Mia Hugget (2 silwer, 2 brons). Voor is Jancke Potgieter (links) en Jada Coetzee (3 goud, 2 brons). Foto: Stefan Skapie Goosen

SWEMMERS van die Freda Barnard Swemskool op Oudtshoorn het die afgelope week bewys dat, al is die Klein Karoo droog, hier steeds visse te vinde is met hul uitstekende prestasies in die swembad.

Afgerig deur Delia van Biljon het ses van haar swemmers aan Swem Suid-Afrika se vlak 3 en vlak 2 kampioenskappe onderskeidelik deelgeneem.

Die vlak 3 kampioenskappe het vanaf 23 tot 26 Maart by Oudtshoorn se NA Smit-swembad plaasgevind, terwyl die vlak 2 kampioenskappe tussen 27 en 30 Maart in Bellville, Kaapstad plaasgevind het.

Volgens Van Biljon het swemmers van regoor die Tuinroete en die Kaap deelgeneem aan beide byeenkomste.
Sy verduidelik dat veral die vlak 3 kampioenskappe die top-byeenkoms vir die einde van die seisoen is waarna swemmers heel jaar streef.

“Jou tye tydens gala’s bepaal in watter kampioenskap jy deelneem. Dié wat op vlak 3 deelneem is vinniger as dié op vlak 2,” sê sy.

Van die Freda Barnard Swemskool het Jancke Potgieter en Jada Coetzee (3 goud, 2 brons) aan die vlak 3 kampioenskappe deelgeneem.

Christiaan van Biljon, Elizma Huyser (1 brons medalje), Ninke Griffioen (3 goud, 1 silwer), en Mia Hugget (2 silwer, 2 brons) het aan die vlak 2 kampioenskappe deelgeneem.

Be the first to comment on "Jonges soos visse in die water"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*