Ivan en Chloe wen Sentraal Karoo Ope

Ivan Williams (links) en Chloe Kelpin-Malgas (regs) wat as Sentraal Karoo se kampioene gekroon is Foto’s: Ebenezer Titus

ALTESAME 71 spelers van regoor die Sentraal Karoo het Sondag (28 Maart) op die Oudtshoorn Gholfbaan toegesak om deel te neem aan die 2021 Sentraal Karoo-distrik Ope-toernooi.

Die toernooi, wat deur die Suid-Kaap Gholfunie aangebied word, het volgens organiseerders gesorg vir ’n dag van uitstekende gholf.

In afdeling A vir mans het Ivan Williams met ’n telling van 67, vyf onder baansyfer, koning gekraai.

In afdeling A vir vroue het die jongeling, Chloe Kelpin-Malgas met haar telling van 72, gelyk aan baansyfer, geseëvier.

In die gesamentlike afdeling B het Adam Barnard op 38 Stableford-punte die topplek ingeneem.

Be the first to comment on "Ivan en Chloe wen Sentraal Karoo Ope"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*