Momentum Medical Scheme Attakwas Extreme lok menigte

Bo: Yolande de Villiers het 4de geëindig na ’n lang dag op die fiets. Foto verskaf. Onder: Hein Jonker - een van die Oudtshoorniete wat deelgeneem het aan hierdie gewilde wedren. Foto verskaf.

Die Momentum Medical Scheme Attakwas Extreme, aangebied deur Biogen, het Saterdag vroeg-oggend meer as 600 fietsryers gelok. Die eerste fietsryers het om 06:30 by Chandelier buite Oudtshoorn weggetrek en die 124 km aangepak.

Dryland Event Management organiseer jaarliks hierdie populêre bergfietswedren.
Vanjaar se wenner, Alan Hatherly het die afstand in 04:50:16 afgelê.

Die dameswenner was Samantha Sanders, met ’n tyd van 06:08:24.

Yolande de Villiers, bekende Oudtshoorn fietsryer, is in die 4de posisie, met ’n tyd van 06:33:58.

Die bergfietsresies het meer as 10 internasionale fietsryers gelok.

Die jongste deelnemer was 19 en die oudste 77. Albei het die afstand suksesvol voltooi.

Vanjaar was daar ook ’n Attakwas Half (47 km) en Mini (38 km), wat by die eindpunt, Pine Creek Vakansieoord, weggetrek het. Sowat 200 fietsryers het aan die twee afstande deelgeneem.