LEON MARAIS (heel links) het Saterdag die 319de Oudtshoorn Parkrun en die eerste van die die nuwejaar by Surval Olyflandgoed met ’n tyd van 22 minute 56 sekondes gewen!
Die veteraan, Johann Coetzer, was met sy 258ste deelname in die tweede plek met ’n tyd van 23 minute 49 sekondes met Tony Abbott in die derde plek met sy tyd van 25 minute 21 sekondes.
Ina Lagerwall (links), ’n besoeker, was die eerste vrou en die 12-jarige Jayden du Plessis die eerste junior. Lampies Lamprecht (middel) het Saterdag sy 150ste Parkrun voltooi. Die voorste drawwers van die 62 deelnemers was Leon Marais (22:56), Johann Coetzer (23:49), Tony Abbott (25:21), Phillip du Plessis (25:29), Dian Louw (25:41), Ronald Lagerwall (25:55), Ina Lagerwall (26:03), Johan Griffuioen (26:31), Glenice Lewis (27:22), Cobus Diepraam (27:39), Albertus Kennedy (27:43), Corli-Maré Griffioen (28:12), Jayden du Plessis (28:34), Kryuge Roeloffze (29:490), Mona-Maré Griffioen (30:09), Dian Spear (30:33), Mariana van Ztyl (30:38), Melissa Church (32:44), Michaela Erasmus (32:52), Caroline Erasmus (33:08), Nicke Griffioen (33:54), Kari Micaela Griffin (34:00) en Joaehney Campher (35:58).
Leon Marais wen eerste Parkrun van 2023 te Surval
