Le Roux bult sy spiere

Danovan Le Roux wat eerste plek in die onder 90 kg gewigklas gewen het. Foto: Verskaf

Deur Lindi BrillDanovan le Roux het aan die Suid-Kaap Sterkman Kompetisie deelgeneem wat op 24 Junie plaasgevind het.

Hy het weggestap met die eerste plek in die onder 90 kg divisie sowel as in die dooiegewig katagorie.

Hiermee het hy gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Sterkman Kompetisie deel te neem wat gaan plaasvind op 26 en 27 Augustus in Rustenburg, Noord-Wes.