Klein Karoo Voetslaanklub hou jaarvergadering

DIE Klein Karoo Voetslaanklub (KKVK) hou sy algemene jaar­vergadering op Vrydag 18 Fe­bruarie 2022 om 18:00 by die Wesbank Tennisklub in Kerkstraat (tussen Parkweg en Buite­kantstraat) op Oudtshoorn.

Huidige lede en enige belangstellendes wat meer van die klub en sy aktiwiteite te wete wil kom, is welkom om die verga­de­ring by te woon.

Ná afloop van die vergadering sal ’n gesellige bring-en-braai plaasvind. Elkeen bring ’n eie piekniekmandjie met sy/haar vleis, drank en eetgerei saam, terwyl die klub sal sorg vir die bykosse, kole en braairooster.

Die KKVK bestaan al vir meer as 30 jaar en het elke jaar verskeie aktiwiteite op sy jaar­pro­gram, insluitend dagstap­pe, naweekstappe en lang stappe (drie dae of langer) waarvan die moeilikheidsgraad wissel om so­veel lede as moontlik te akkommodeer.

Vir mense wat daarvan hou om in die oop, vrye natuur te wees, onder die sterre te slaap, in waterpoele in rivierstroompies te swem en ’n bietjie wil wegkom van die gejaag en “geraas” van die moderne leefwyse, en na­tuur­lik daarmee saam lekker fiks wil word, bied die KKVK ge­leenthede om dit alles te ervaar.

Vir meer inligting kan die volgende bestuurslede van die voetslaanklub geskakel word: Ann Blacquiere (073 145 2145), Danie Steyl (078 469 3727), Cara Maree (082 854 3628) en Wessel Steyl (082 307 1584).