Klein Karoo Kampioenskappe 2024 – Arnold de Jager-Ovaalbaan

Bo: Oudtshoorn se ovaalbaan vanuit die lug. Foto: verskaf Onder: Hansie Moore se motor tol deur die lug Foto: Tony Camacho

Die 28ste Klein Karoo Kampioenskappe, het Saterdag 29 Junie 2024, op die Arnold de Jager Ovaalbaan, net buite Oudtshoorn plaasgevind.

Oudergewoonte is die gewilde ren deur Richard Griessen Repairs as hoofborg, en die Oudtshoorn Motorklub aangebied.

140 motors vanaf nege verskillende klubs landwyd het aan die 16 klasse deelgeneem.
Soos beloof, het die bande om die draaie geskree, rook getrek, en rooi klein karoo stof gestaan tydens elke aksiebelaaide rondte.

Die 1 800 aanhangers het gejuig dat die kranse antwoord gee, en die brullende motorenjins kon tot in Oudtshoorn se middedorp en nog verder tot ongeveer 23:00 gehoor word.

Daar was ongelukkig ook ’n paar motors wat kennis met die muur gemaak het, waarvan Hansie Moore se motor tydens die finale ronde van die Hotrods deur die lug gevlieg het, nadat daar kontak tussen twee motors was.

Hy het op sy dak tot stilstand gekom teen die veiligheidsheining. Volgens inligting is niemand ernstig in die voorval beseer nie.

Toeskouers het ligte besering opgedoen waarvan ’n paar na die plaaslike hospitaal geneem is vir behandeling.

Moore se vrou Wilna Moore, het op Facebook gesê haar man se lyf is wel seer na sy motor deur die lug getol het, maar dat sy hart nog seerder is oor die skade aan sy motor.

’n Fondsinsamelingsprojek is geloods om Moore te help om kostes te dek aan sy renmotor.
Besoek gerus Mariska De Wet se Facebookblad vir meer inligting of om by te dra.

“Vreeslik dankie vir almal se gebede, oproepe, boodskappe, omgee en drukkies ons waardeer dit so baie!” lui die inskrywing verder.

Afgesien van die ongeluk, was die ren steeds soos elke jaar ’n groot trekpleister vir toeskouers van regoor die land en ’n groot sukses.

Gawie Smit tydens die Heavy Metals. Foto: Tony Camacho

Die Hotrods maak hul reg vir die 3de uitdun Foto: Tony Camacho

Dominic Griessen is reg vir aksie. Foto: Tony Camacho

Die grootmenere V8’S. Foto: Tony Camacho

2,1 renmotors kom skeef-skeef deur die draai gejaag. Foto: Tony Camacho

Die jongspan sê mekaar die stryd aan tydens die Mini’s. Foto: Janco Smit (Wolfchild Photography)

Die Midget a & B klas. Foto: Janco Smit Foto: Wolfchild Photography

Hier is die Klein Karoo Kampioenskappe wenners:

Mini

  1. Chayton Collins – Oos-Londen

RWD Rookies

  1. Gerrit du Plessis – Oudtshoorn
  2. Tania Scott – Oudtshoorn
  3. Bian Henning – Worcester

Pinkstocks

  1. Leane Valentyn – Kaapstad
  2. Annique van Eeden – Kaapstad
  3. Chante Elford – Oudtshoorn

Pinkrods

  1. Charne Schuin – Port Elizabeth
  2. Mia Ellis – Worcester
  3. Rebecca vd Westhuizen –
    Oos-Londen

Pink Divas

  1. Kelly Dowling – Port Elizabeth
  2. Sandra Bekker – Saldanha
  3. Marilie Brits – Port Elizabeth

1600 Saloons Klas A

  1. Llewellyn Kotze – Worcester
  2. Jacques du Plessis – Worcester
  3. William Grey – Worcester

1600 Saloons Klas B

  1. Nandor Kleywecht – Port Elizabeth
  2. Keegan Ellard – Port Elizabeth
  3. Ruben Barnard – Port Elizabeth

JNR Hotrods

  1. JP du Plessis – Oudtshoorn
  2. Waldo van Dyk – Worcester
  3. Jaden Brand – Worcester
    Midgets Klas A
  4. Schalk Swart – Worcester
  5. Eugene Gelderblom – Worcester
  6. Ruan Slabber – Bloemfontein

Midgets Klas B

  1. Yolandi Venter – Bloemfontein
  2. JP van Niekerk – Bloemfontein

V8 Sprints

  1. Kenny Gouws – Saldanha
  2. Graham Parkins – Saldanha
  3. Daleen Gouws – Saldanha

1660’s Sedan Motors

  1. Tersius van Tonder – Worcester
  2. Arno van Wyk – Oudtshoorn
  3. Francois Engelbrecht – Port Elizabeth

2.1 Sedan Motors

  1. Henties de Villiers – Oudtshoorn
  2. Damon Miles – Port Elizabeth
  3. Olla Daniels – Worcester

Heavy Metals

  1. Zack Groenewald – Kaapstad
  2. Marco Barnard – George
  3. Leno Muller – Oudtshoorn

Lexus V8’s

  1. Jaco Maass – Bloemfontein
  2. Susan Breytenbach – Bloemfontein

V8’s

  1. Manfred Oehl – Worcester
  2. Juan Roesstorff – Port Elizabeth
  3. Lucius Fourie – Oudtshoorn

Be the first to comment on "Klein Karoo Kampioenskappe 2024 – Arnold de Jager-Ovaalbaan"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*