Kennedy wen 16de virtuele Parkrun

Albertus Kennedy. Foto: Garnett Wicomb

ALBERTUS Kennedy was Saterdag se wenner van die 16de virtuele Oudtshoorn Parkrun met sy tyd van 25 min 59 sek vir die 5 km-afstand.
Francois le Roux was tweede in ’n tyd van 26:29 en Johann Coetzer (27:14) in die derde plek.

Die tye van die res van die deelnemers wat Saterdag se triestige weer trotseer het, is:

Fanie Olivier (27:42), Abraham Hendricks (27:49), Henry Carstens (29:29), Annemarie le Roux (30:34), Hildegard Bruwer (31:41), Shane Fourie (33:10), Helena Smit (34:18), Belinda Muller (35:17), Betsie Colyn (36:40), Geraldine Loftie-Eaton (44:57), Garnett Wicomb (47:07), Dean Jacobs (48:07), Chrisna Terblanche (48:12), Miemie van Niekerk (56:00) en Febe van Wyk (61:26). (Deur Garnett Wicomb)