Kosprojek help weer – danksy skenkings!

Danksy skenkings deur lesers van Die Hoorn asook skenkings deur AfriForum Oudtshoorn kon die kosprojek wat Mietsie Goliath onlangs geloods het om vir kinders van die landelike gebied Welgeluk weekliks kos te voorsien, weer Dinsdag sorg vir vol magies. Dié kos en vrugte is uitgedeel in die Zeekoegat-omge­wing. Afstand is gehandhaaf en hande moes gereinig word. • Mietsie sê sy hoop dat mense sal voortgaan om die projek te ondersteun met bestanddele vir sop of ook ander etes. “Enige sken­kings sal baie welkom wees en ons help om voort te gaan om vir kinders ’n voedsame ete te gee.” • Bel of whatsapp haar by 063 131 6217 of gee bestanddele af by Die Hoorn in die Queen’s Mall.