Meiringspoort 21,1 km nou ’n virtuele wedloop

WEENS die huidige Covid-19-pandemie sal vanjaar se Meiringspoort 21,1 km wedloop vir die eerste keer in sy geskiedenis virtueel aangebied word.
Terwyl ander wedlope wat rondom hierdie tyd van die jaar gehou word, soos die Seweweekspoortfietsren en die Cape Pioneer Trek, se organiseerders besluit het om eers weer hul wedrenne in 2021 aan te bied, het die organiseerders van die Meiringspoortwedloop besluit ’n virtuele baadjie is die beste oplossing om verliese en teleurstelling te beperk.

Vanjaar se wedren sal op 10 Oktober plaasvind, en soos oudergewoonte is daar ’n keuse van drie afstande: 21,1 km, 12,5 km en 5 km.

Deelnemers sal volgens die organi-seerder kan hardloop net waar hulle wil, tussen 06:00 en 18:00. Dit kan in jou woonbuurt, plaaslike park of selfs op ’n “treadmill” voltooi word.

Jy sal wel self jou tyd moet dophou, en dit teen 14 Oktober moet indien. Inskrywings is reeds oop. (Deur Stefan Skapie Goosen)