Karoo Force speel 7’s-rugbytoernooi in Riversdal

Foto’s verskaf.

Die afgelope naweek was daar opwindende rugby in Riversdal gespeel, met altesaam 21 spanne wat deelgeneem het.

Die spanne in het drie groepe van vyf spanne gespeel, behalwe een groep wat uit ses spanne bestaan het. Karoo Force het drie van hulle groepswedstryde gewen en net een verloor. Die spanne het meegeding vir ’n prysgeld van R15 000, en Karoo Force het in die kwarteindstryd uitgeval.

Die eindstryd was gespeel tussen Bomb Squad en Double Scrum and Coke (DSC), en DSC het met 25-19 gewen in ’n naelskraap stryd. Lionel Prinsloo, afrigter van Karoo Force, sal volgende jaar die agterlynafrigter by die Oudtshoorn Rugbyklub wees. (GRANWILLE GOLITAH)