En in ’n oogwink is 11 maande van 2025 verby en word die feesseisoen betree en die son begin sak op nog ’n jaar vol hoogte- en laagtepunte. Dit is ’n tyd van refleksie, waar ons terugkyk op die uitdagings en oorwinnings wat die jaar vir ons gebring het. Die Hoorn wens ons lesers sterkte toe vir die laaste paar weke van die jaar. Mag julle geseënd wees met vrede, liefde en vreugde, en mag die nuwe jaar nuwe geleenthede en seëninge vir almal inhou. Foto: Angelique Erasmus