Kamergholfdag bly gewild

Gary Hutchings (middel) en Ockie Horowitz (regs) was die wenners van Oudtshoorn Besigheidskamer se geborgde gholfdag. Helen Butler (links) is van die Besigheidskamer. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag op Woensdag, 1 Augustus, is deur Ockie Horowitz en Gary Hutchings met ’n telling van 48 punte gewen.

Francois Verwey en Barries Grie-benouw (45 punte) was tweede, gevolg deur Billy Capel en Matthew Wilken, ook met 45, op ’n uittel derde. Jaco Matthee en Heinrich Terblanche (44) was vierde, en Niel Truter en Leon Gouws, ook met 44, op ’n uittel vyfde.

Marius Greeff het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en Rudi Mortlock op die 12de.
Matthee het op die 8ste en die 15de putjies spogtwees geslaan, en Hein Terblanche op die 12de.