Deur Wyndham Ewerts
All Blacks het Saterdag sy laaste SWD Presidentsligawedstryd van die seisoen teen Willowmore United met 31-20 gewen. Die wedstryd is op Willowmore beslis.
Met dié oorwinning het All Blacks die voorste plek op die SWD Presidentsliga (Karoostreek) ingeneem en is hulle nou in die derde plek op die gesamentlike punteleer van die Presidentsliga.
Hulle het reeds deurgedring na die uitspeelrondes wat op Saterdag, 18 Augustus, begin.
Aangesien party spanne Saterdag nog hul laaste wedstryde in die Presidentsliga moet speel, is dit nog nie finaal bepaal wie teen wie in die uitspeelrondes gaan speel nie.
In Saterdag se wedstryd teen Willowmore het Hendrico Jackson, All Blacks se vleuel, die eerste punte van die wedstryd aangeteken met ’n drie wat deur Larry Paulse, skrumskakel, verdoel is.
Willowmore het in die eerste helfte slegs ’n strafdoel aangeteken.
In die tweede helfte het Damian Januarie (losskakel), Ronaldo Jansen (buitesenter) en Paulse elk ’n drie gedruk. Paulse was suskesvol met al drie doelskoppe.