Tarren 1ste vrou oor eindstreep

Deur Garnett Wicomb
Tarren Jullies was in 25 min 29 sek die eerste vrou oor die wenstreep in Saterdag se 172ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed. Sy was algeheel elfde onder die 93 deelnemers.

Thinus Appel was al-geheel eerste in ’n vinnige tyd van 19:45, ge- volg deur Greens Groenewald (20:38), Christo Niemand (21:26) en William van Tonder (21:50) wat die eerste tiener oor die eindstreep was. Hy is gevolg deur Newald Groenewald (22:38) en Henry Car-stens (23:18).