Junior bo in 250ste Parkrun

DIE 15-jarige Jaco Pretorius was Saterdag in 20:49 die vinnigste van die 132 deelnemers aan die 250ste Oudtshoorn Parkrun by Surval.

Ivan Wilken (21:38) was tweede en Francois Verwey (22:20) derde.

Bianca Malan (23:22) was weer die vrouewenner. Sy was sesde algeheel.

Ander goeie tye is behaal deur Bongani Khumalo (23:16), Nathan Gray (23:20), Christo Theart (23:49), Ro-zanne Theart (24:31), Bernice van der Merwe (25:06), Mark Anthony (25:07), Francois le Roux (25:08), Sarah Viljoen (25:09), Sandra Marais (25:11), Jannu van Antwerp (25:13) en Hans Lareman (25:14). (Deur Garnett Wicomb)