Jukskei-seisoen sluit op hoogtepunt af
Oudtshoorn Jukskei-klub se seisoen het Saterdag 15 Maart tot ’n einde gekom, tydens ligawedstryde in Hartenbos. Drie spanne het ingeskryf en goed gevaar. Oefening hervat na die KKNK by die jukskei-bane agter die De Jager Sportkompleks. Die klub nooi belangstellendes uit om by hulle aan te sluit en self ’n skei te kom gooi. Kontak vir Hercules by 060 997 5576 vir meer inligting. Foto verskaf