Die gewilde jaarlikse Battle of the Karoo skopbokstoernooi is op 1 Maart vir die 14e keer deur Grebe’s Kickboxing Club in Oudtshoorn aangebied.
Volgens Ranger Grebe skep hierdie toernooi jaarliks ʼn uitstekende platform vir deelname aan skopboksers van alle vlakke en ouderdomme. Grebe sê: “Die Battle of the Karoo is nie net ’n geleentheid om te kompeteer nie, maar ook om die gemeenskap van kickboxing te versterk.”
Dit bied kickboxers die kans om hul talent te wys en ervaring op te doen in ’n ondersteunende omgewing.”
Vanjaar het deelnemers van verskeie klubs regoor die Wes- en Oos-Kaap kom deelneem.
Grebe’s Kickboxing het 51 skopboksers vir die toernooi ingeskryf en hulle het omtrent ’n medalje-oes gehad met 41 goue-, 30 silwer- en 15 brons medaljes.
Grebe sê die sukses van die toernooi sou nie moontlik gewees het sonder die vrygewige ondersteuning van verskeie borge wat bygedra het tot die toernooi nie.
“Ons wil graag ons opregte dank betuig aan al die borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Julle ondersteuning is waardevol en help om die liefde vir kickboxing in ons gemeenskap te bevorder.”
Plaaslike skopboksers blink uit by Battle of the Karoo
