Jong bergfietsryers op dreef in Montagu

Alrie Eloff (links) en Bia Strydom. (Foto verskaf.)

TWEE kranige fietsryers van Laerskool Wesbank op Oudtshoorn het Saterdag (4 September) gaan naam maak op Montagu, en met ’n silwer en brons medalje onderskeidelik huistoe gekom.

Alrie Eloff (8) en Bia Strydom (11) het aan die Wes-Kaap XCM-bergfietsren by Montagu gaan deelneem, wat vanjaar meer as 300 deelnemers gelok het.

Die fietsren word oor ’n uitdagende en tegniese 18 km-roete te Doringlaagte gehou. Eloff het tweede in die 9 – 10 jaar-afdeling geëindig, en Strydom derde in die 11 – 12 jaar-afdeling.

Die volgende uitdaging vir dié twee is die Eden XCO kampioenskap, Saterdag in Knysna.