Jay-Dee se spiere bult nie verniet nie

BO: Jay-Dee Jackson in een van sy klassieke kompetisie-posisies (foto verskaf). Onder is Mario Jansen, Jay-Dee se mentor en onderwyser by Aurial Kollege - en Jay-Dee self. Foto: Stefan Skapie Goosen

JAY-DEE JACKSON, ’n 19-jarige matrikulant van Aurial Kollege op Oudtshoorn, het die naweek sy eerste treë in die “body building”-wêreld gegee deur ’n eerste en tweede plek in verskeie afdelings van die Garden Route Casino Classic spierboukompetisie te verower.

Jay-Dee het Saterdag in Mosselbaai gaan deelneem in onderskeidelik die 75 kg- en Junior-afdelings. Hy het goud in sy gewigsafdeling behaal en silwer in die Junior-afdeling. “Ek het altyd na Arnold Schwarzenegger in tydskrifte gekyk en wou soos hy lyk. Tydens die pandemie in 2020 het ek begin oefen by Yster Gym en spiere begin bou. Dit voel ‘awesome’ en ek is baie trots! Dit gee my meer selfvertroue – ek wil graag vir ewig aanhou hiermee! Ek wil ook vir ander bemoedig en wys daar is ander dinge wat jou gelukkig kan maak.” (Deur Stefan Skapie Goosen)