
Die Iqhawe Week, was ’n hoogtepunt op die kalender vir belowende rugbytalent, is hierdie week by Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn gehou.
Jong rugbyspelers het die toeskouers vermaak met hul briljante spel en onblusbare gees. Spelers van oraloor Suid-Afrika het deelgeneem aan die toernooi, en terselfdertyd die kans gekry om raakgesien te word deur keurders.
Langenhoven se veld was nog nooit só aan die brand gespeel soos gedurende hierdie paar dae nie.
Die toernooi bied die spelers ’n waardevolle geleentheid om hul staal te wys.
Ten spyte daarvan dat hulle nog o.15 is, het hierdie jong spelers gewys dat hulle reeds die ingesteldheid en talent van professionele spelers het.
Vir diegene wat die wedstryde misgeloop het, is volledige uitslae aanlyn beskikbaar.






