Deur Garnett Wicomb
DEBRA HYDE van die Knysna Tennisklub en Garnett Wicomb van die Wesbank Tennisklub is tydens die algemene jaarvergadering van die Eden Tennisvereniging onbestrede tot voorsitter en vise-voorsitter herkies.
Danie Steyl, ook van Wesbank, is tot sekretaris herkies terwyl Yvonne Dippenaar van die Groot Brakrivier Tennisklub die nuwe tesourier is.
Die bykomende lede vir 2019/20 is Anton le Roux (Klein Brakrivier), Marius Bezuidenhout (George Tennisklub), Annerie Louw (Mosselbaai Tennisklub) en Liesel Muller (NMU Tennisklub).
Desmond Speelman en Dave van der Walt, voorsitter en sekretaris van die Eden Sportraad, het ook die vergadering bygewoon.
Hyde, wat ook president is van die Eden Seniors Tennisvereniging, het in haar jaarverslag klubs en skole bedank wat hul geriewe vir die vereniging beskikbaar stel en ’n beroep op die twaalf klubs gedoen om voort te gaan om tennis in die streek te laat groei.
Kommer is tydens die vergadering uitgespreek oor klubs wat nie bereid is om vir hul ligaver-pligtinge na veral Rietbron te reis nie.
’n Oomblik van stilte is gehandhaaf ter nagedag-tenes aan twee spelers, Wehmeyer Fereira en Reo Barnard, wat onlangs oorlede is.