Broers se duiwe vlieg voor

DIE Raubenheimer-broers se duiwe het Saterdag in mooi weer 16 plekke losgevlieg in die Oudtshoorn Duiweklub se twee wedvlugte vanaf Colesberg.

Die volledige uitslae is: Ope-afde­ling: Raubenheimer-broers – 1, 3, 8, 10, 11, 12, 13 en 20; Willie en Suyen Thysse – 2, 4, 5, 7 en 9; Cobus Matthee – 6; JC Barnard – 14, 15 en 19; Johan de Jager – 16 en 17; en Johan Whyte – 18.

Tweejaaroudduiwe: Thysses – 1, 10, 11, 14, 15 en 20; Johan de Jager – 2, 6, 7, 8 en 19; Raubenheimers – 3, 4, 5, 9, 12, 13, 16 en 17; en Johan Whyte – 18.