Deur Higgo Jacobs
Howard Ellis het Saterdag Oudtshoorn Gholfklub se individuele stableford met ’n telling van 42 punte gewen. Jurgens Burger (jr) was tweede met 40 punte.
Die jong Chloé Malgas-Kelpin was derde met 38 punte, gevolg deur Winston Coerecius (jr) met 37 punte en Llewellyn Rheeder met 36 punte.
Malgas-Kelpin het die boerpot gewen en ook ’n spogtwee op die 3de putjie geslaan. Burger en Piet Swanepoel het ook op die 12de geslaan en Hannes Oosthuizen op die 15de putjie.
• Die Oudtshoorn Gholfklub bied Saterdag weer die gewilde vleisgholfdag aan en spelers kan ná afloop van die dag se spel saam braai.
Die klub verskaf kole, broodjies en slaai.