Helende Woord wen rolbalsakeliga

Die Oudtshoorn Rolbalklub se besigheidsliga is deur die Helende Woordspan gewen. Justine Eaglestone (naaslinks), president van die rolbalklub, het die trofee aan die wenspan oorhandig, van links saam met haar Barnard Griebenow, Gerhard Norval, Elzie Stapelberg en Pieter Hancke. Die Laerskool Wesbank was tweede in die liga, wat op ’n rondomtaliebasis oor ses weke plaasgevind het. PSP Timbers was derde, Saayman & Kie vierde en die Laerskool van Reede vyfde. Volgens Eaglestone was die liga weer eens ’n groot sukses en het al die deelnemers dit baie geniet met ’n lekker gees wat op die bane geheers het. Die rolbalklub het bekend gemaak dat die winterliga, wat 8 April sou begin, uitgestel tot verdere kennisge­wing weens die koronavirus (Covid 19). Foto: Stefan Skapie Goosen

Be the first to comment on "Helende Woord wen rolbalsakeliga"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*