Laurus trek woes in Worcester

Laurus se 360kg B-span wat silwer getrek het by die kampioenskappe, saam met hul afrigter, Jenovin Fortuin (voor, middel). Voor van links is Clement Louw, Adriaan Swart, AJ van Tonder en Nicholas Harding. Agter van links is Hencko Lerm, Shaundré Boshoff, Jaimie Misplon en Tiaan Lerm. Foto’s: Stefan Skapie Goosen

Die 320kg-span wat sewende in die land geeïndig het, saam met hul afrigter, Jenovin Fortuin (voor, middel). Voor van links is Clement Louw, Adriaan Swart, AJ van Tonder en Tyler Rheeder. Agter van links is Vincent Botha, Jaimie Misplon en Tiaan Lerm.

Hier is die 360kg A-span wat goud getrek het by die kampioenskappe, saam met hulle is afrigter en koördineerder, Jeandré Bestbier (voor, middel). Voor van links, is Cornelius Botha, Lizna Alberts, Danielle Retief en Tyler Rheeder. Agter van links, is Vincent Botha, Drihan Fourie en Gerick Mathee. Arnaldo Gerber was afwesig met die neem van die foto.