Wenners van Eljada-Kairosskool se gholfdag

Die Eljada-Kairosskool se gholfdag Saterdag by die Oudtshoorn Gholfklub is gewen deur Chris Groenewald (regs) en sy kleinseun Andreas Gouws (naasliks). By hulle is van links Franzell September van FNS Managers Wellington, Hennie Baartman, hoof van Eljada-Kairos, en Paul Stroebel, klubkaptein. Meer as 100 spelers het aan die gholfdag deelgeneem. Morné Jonker het 'n naweek vir agt mense by die Louvain Gasteplaas ten bate vir die skool opgeveil en ook volstruissosaties vir die spelers gebraai.

Be the first to comment on "Wenners van Eljada-Kairosskool se gholfdag"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*