Hannes wen syfer plus

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se syfer plus-gholfdag Saterdag is gewen deur Hannes Oosthuizen deurdat hy met ’n plus 5 geëindig het.

Louis Fourie sr was tweede met plus 4 en Rudi Mortlock derde met plus 3.

Piet Swanepoel was vierde, ook met plus 3, en Clement Rex vyfde met plus 1.

Oosthuizen het die boerpot gewen. ’n Besoeker, I Hubert, het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en Fourie het op die 15de ’n spogtwee aangeteken.

Woensdag, 11 September, was Lollies van Rensburg die wenner met ’n telling van 42 punte.
D Wise was met 38 punte die naaswenner.

Ettiene Roos, was derde met 37 punte, gevolg deur Francois Verwey en Niel Truter, albei met 36 punte, wat op ’n uittel vierde en vyfde was.

Verwey en Van Rensburg het die boerpot gedeel.

Niel Terblanche het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan.

Coenie Coetzee, AO Theunissen, Hannes Smal en Anecia Badenhorst het elk ’n spogtwee op die 12de putjie geslaan.