Charlize Murphy (16) van Bridgton Senior Sekondêr op Oudtshoorn is Saterdagaand by die Wes-Kaapse Sport- en Kultuurtoekenningsaand in Kaapstad aangewys as 2019 se Nuweling van die Jaar! Charlize was die jongste deelnemer in die o.19-fietsren by die SA Padfietsrykampioenskap waar sy ’n goue, ’n silwer en drie brons medaljes ontvang het. Sy het ook as lid van die Protea Padfietsspan aan die Afrika Kontinentale Spele deelgeneem en twee brons en een silwer medalje gewen. Charlize is die enigste Oudtshoorniet wat ’n kategorie by dié glansaand gewen het en dring deur na die Nasionale Sporttoekenningsgeleentheid later vanjaar. Foto: Ebenezer Titus