Grootbrak maak skoonskip teen Bridgton

Die Bridgton Rugbyklub (maroen truie) se A-, B- en C-spanne het die Grootbrak Rugbyklub Saterdag (23 Julie) op die Bridgton Sportgronde aangepak, maar kon ongelukkig nie daarin slaag om enige van hul wedstryde te wen nie. Die C-span het met 13 punte teenoor 33 verloor; die B-span met 11 punte teenoor 15; en die A-span kon slegs 3 punte deur middel van ’n strafdoel teen Grootbrak se 20 aanteken. Die klub se volgende wedstryd is komende Saterdag op die Oudtshoorn Sportgronde, bekend as die Rec, teen Blanco Rugbyklub. Foto: Ebenezer Titus