CHRISTO DU PLESSIS het Saterdag (23 Julie) die 296ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed, etlike kilometers buite die dorp, gewen.
Kort op sy hakke was die 16- jarige Zack Botha in tweede, en veteraan Johann Coetzer in die derde plek. Isabella Kao wat in die vyfde posisie klaargemaak het, was die vrouewenner vir die 5 km wedloop.
Die voorste drawwers van die 29 deelnemers, met hul tye, was Christo du Plessis (23:11), Zack Botha (24:01), Johann Coetzer (24:10), Johann Botha (24:32), Isabella Kao (26:18), Tanica Engelke (26:56), Japie J Bothma (27:00), Fanie Olivier (27:09), Steven Dai (28:40), Albertus Kennedy (29:22), Lance Flint (29:39), Zeck Rondganger (29:47) Kerneels Barnardo, (29:57) Mariana van Zyl, (30: 45), Nosicelo Nxeve (31:51), Edrich J Bothma (36:40), Danie Bosman, (36:09) Alexis Ayford (36:31), Lampies Lamprecht (37:16) en Lisa-Mari Schoeman (39:13). (Deur Garnett Wicomb)
Christo wen Oudtshoorn Parkrun 296 oor 5 km
Christo du Plessis. Foto: Garnett Wicomb