EFA sokker-uitslae

LINKS EN REGS: Ontwikkeling onder Oudtshoorn se jong sokkerspelers is op volle dreef te danke aan die Eden Football Academy (EFA), met nie eens Saterdag (23 Julie) se koue reënweer wat die aksie op die St Johnsstraat sportveld kon keer nie. Die uitslae vir die dag se spel het soos volg gelyk: Alpha 6 - 0 Principia (o.9); Alpha 3 - 0 Principia (o.11); Alpha 4 - 1 Principia (o.13); Oudtshoorn Tigers 6 - 1 Alpha (o.16); Phantom Wolves 2 - 1 Aqua Lightning (o.11); Phantom Wolves 2 - 2 Rising Stars (o.11); en Colridge Primêr 3 - 2 Rising Stars (o.13). (Foto’s verskaf)