Gimnaste van Oudtshoorn het die naweek in Mosselbaai deelgeneem aan die Eden Gimnastiekproewe en almal is gekies om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe, wat 18 en 19 Julie sal plaasvind in Oudtshoorn deel te neem.
Hulle het soos volg presteer: Lumé De Koker – Goud, Pulani Scheepers – Silver, Isabella Blignault – 2 x Brons, Ashli – Mae Niemand – Goud, Anneke Scheepers – Goud en Silwer, Grace Jones – 4de Plek, Skye van Jaarsveld – Goud, Mia Lombard – Goud, Micayla Pillay – Goud en Silwer, Lana Silver – 2 x Brons, Conlynn Saayman – Brons
“Ons is ongelooflik opgewonde omdat dit hier gehou gaan word in ons eie dorp met oor die 13 klubs regoor die Wes-Kaap. Ek is baie trots op elkeen van my gimnaste en wat hulle vermag het.” Het Martina de Koker, hul afrigter aan Die Hoorn gesê. (ANGELIQUE ERASMUS)
Gimnaste presteer tydens proewe
Agter links: Lumé De Koker, Pulani Scheepers, Isabella Blignault, Ashli - Mae Niemand, Anneke Scheepers.
Middel van links: Grace Jones, Skye van Jaarsveld, Mia Lombard, Micayla Pillay.
Voor: Lana Silver. split: Conlynn Saayman. Foto verskaf