Fritz Meissner spankompetisie in volle swang

DIE spanne van Wille Breytenbach en Christine van Coller is die voorlopers in die A-afdelings na die tweede rondte in vanjaar se Fritz Meissner 190’s/ 240’s spankompetisie van die Eden Tennisvereniging met onderskeidelik 121 en 152 punte.

Die span van Charl Opperman is die naasvoorlopers in die manskompetisie en die span van Sonja Botha tweede in die vroue-afdelimg.

In die B-afdeling is dit die spanne van Willem Pretorius en Elsabe Ferreira wat bo-aan die punteleer is met onderskeidelik 121 en 122 punte.

In die 240’s manskompetisie is dit die span van Des Sampson wat na twee rondtes voorloop met 102 punte.

Die derde rondte van die kompetisie vind plaas op Saterdag 22 Julie met die wedstryde wat op Mosselbaai, Hartenbos en Klein Brak gespeel sal word. Altesaam 25 spanne, vyftien mans- en tien vrouespanne (100 spelers), het vir vanjaar se kompetisie ingeskryf. Elke span bestaan uit vier spelers met ’n gesamentlike ouderdom van nie minder as 190 jaar (190’s) en 240 jaar (240’s). (Deur Garnett Wicomb)