Frans Beets wen vleis

Frans Beets (regs) met die vleis wat hy Saterdag gewen het. William Phillipus (naasregs) was tweede en Francois Verwey (naaslinks) derde. By hulle is Paul Stroebel (klubkaptein). Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE 77-jarige Frans Beets het Saterdag met ’n telling van 41 punte die Oudtshoorn Gholf­klub se maadelikse vleisgholf- dag gewen.

William Phillipus en Francois Verwey, albei met 40 pun-te was op ’n uittel onderskei- delik tweede en derde.

Louis Fourie jr en Cecil Badenhorst, albei met 39 pun-te, was op ’n uittel vierde en vyfde.
Die boerpot is gewen deur Corné Mulder wat ook op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan het.

Phillipus, Deon Barnard en Llewellyn Rheeder het op die 3de putjie spogtwees geslaan. Higgo Jacobs en Fourie het dit op die 12de gedoen.