Sureka Wallace van die Laerskool Wesbank in aksie.
Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Rolbalklub se gewilde sakeligareeks het verlede Woensdagaand (9 Oktober) begin met 48 spanne wat ingeskryf het.
Altesame 192 spelers sal dus oor die volgende vyf weke sake uitspook (rol) om te bepaal wie 2019 se sakekampioen is.
Die vroeë voorlopers is die span van Van Reede Laerskool 3, Abbatoir, Oudtshoorn Engineering, Van Reede 1 en KKI Looiery. Genoemde spanne het elk 4 punte.
Eljada Nasorgsentrum het ook ’n span ingeskryf.