Eerste tweekampbyeenkoms in ’n jaar vind plaas op Oudtshoorn

Die eerste tweekampbyeenkoms in ’n jaar sedert die Covid-19-pandemie sy stempel op sport regoor die wêreld afgedwing het, het Dinsdag 16 Maart op Oudtshoorn plaasgevind. Altesame 31 spanne het vir die Wimpy Dubbels-byeenkoms ingeskryf, en het onder streng Covid-19-regulasies, in koel weer en ’n silwerskoon NA Smit-swembad meegeding, volgens Dave van der Walt, operasionele bestuurder van Eden Tweekamp. Die top drie spanne was Jan en Johannes Brink (2260), Ame Pretorius en Elizmay Huyzer (2230) en Kari Griffioen en Cristiaan van Biljon (2205). (Foto verskaf.)