Sportlui van die Eden Distrik is Vrydagaand by die Die Eden Sporttoekenningsonthaal in die Oudtshoorn Burgersentrum vir hul sportprestasies vereer. Drie jong Oudtshoorniete (foto’s onder) het toppryse ontvang.

Jean du Plessis wat as Eden se Junior Sportman van die Jaar bekroon is. (Hy kon nie die toekenningsaand bywoon nie, en sy prys is deur Albertus Kennedy ontvang.)

Jacquine Strydom van Langenhoven Gimnasium wat as Eden se Hoërskolesportvrou van die Jaar bekroon is.

Jada Coetzee van die Laerskool Van Reede wat as Laerskolesportvrou van die Jaar bekroon is.