Eden Sport ontvang R2095000

’n Tjek van R2095000 is Dinsdag op Riversdal deur min Anroux Ma-rais van die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport aan die Eden Sportraad ten bate van 36 sport-federasies oorhandig.

Die fondse is om administrasie, transformasie, ontwikkeling, kapasi-teitsontwikkeling en die aanbied van top-byeenkomste te bevorder.

Volgens Dave van der Walt, uittredende sekretaris van die Eden Sport-raad, is dit die grootste bedrag wat nog vir sportontwikkeling in Eden ontvang is. Eden het lof ontvang as die bes georganiseerde en operasio-nele sportraad in die Wes-Kaap.

Desmond Speelman, voorsitter van Eden Sportraad, het die raad se steun aan alle sportfederasies aangebied met uitdagings wat hulle mag ondervind. (Higgo Jacobs)