Vyf lede van Grebe’s Skopboksklub op Oudtshoorn het ses medaljes ingepalm by die internasionale WAKO Ope Skopbokstoernooi wat van Vrydag tot Sondag (6 – 8 April) in Turkye plaasgevind het. Die vyf, wat deel van die SA skopboksspan was, is van links sensei Ranger Grebe, Thomas Bell (1 silwer en 1 brons), Jacquine Strydom (goud in die pun-tegevegsafdeling), Megan Grebe en JD Glinister (3 brons). Altesame 2386 inskrywings uit 25 lande is ontvang vir die toernooi wat deel van die wêreldreeks is. Skopboksers van Grebe se klub gaan van 27 tot 29 April ook aan die SA kampioenskap in Pretoria deelneem.