Noël Dreyer (naasregs) en André Plaatjies (regs) wat elkeen ’n lekker pak vleis gewen tydens Oudtshoorn Besigheidskamer se vleisgholfdag. Links is Johan Cornelissen, klubkaptein, en naaslinks Danie van der Berg van Van der Berg Vervoer. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse geborgde gholfdag op Woensdag,11 April, is gewen deur Noël Dreyer en André Plaatjies met ’n telling van 49 punte.
Ockie Horowitz en Chris van Zyl (45) was tweede en Etienne Roos en Lollies van Rensburg (43) derde. Francois Verwey en Barries Griebenouw (42) was vierde, op ’n uittel gevolg deur Coenie Coetzee en Higgo Jacobs (42).
Dreyer het op die 3de putjie naaste aan die pen geslaan. Plaatjies en Des-mond Malgas het op die 12de spog-twees aangeteken.
• FJ Pretorius (41 punte) het Saterdag se individuele stableford gewen.
Louis Fourie sr en Kobus Griebenouw, albei met 40, was op ’n uittel tweede en derde, gevolg deur Jurgens Burger jr (39) en Chris Odendaal (38).
Terry van Coller en Jurgens Burger sr het die boerpot gedeel.
Griebenouw het op die 8ste naaste aan die pen geslaan. Louis Fourie jr het ’n spogtwee op die 8ste geslaan, en Pieter Pretorius, Llewellyn Rhee-der en Van Coller op die 12de.